Aansoeke
Aansoeke vir 2026 skooltoelating : Gesluit
Aansoeke vir 2027 skooltoelating: Graad R- en 1-aansoeke open 10 Maart 2026 en sluit 14 April 2026. Eekhorinkie-aansoeke open 03 Augustus 2026 en sluit 17 Augustus 2026.
Die WKOD raai ouers sterk aan om by meer as een skool aansoek te doen. Dit sal verseker dat ouers ten minste ‘n ander moontlike opsie het as die skool van hul keuse nie plek het nie. Volg die skakel vir meer inligting: Admissions | Western Cape Education Department
Navrae rakende aansoeke kan gestuur word aan: leana@lstellen.co.za
Volg onderstaande stappe:
- 1Registreer en doen aansoek op die WKOD se webtuiste.
Graad R en Graad 1:
Open 10 Maart 2026 en sluit 14 April 2026.Eekhorinkies (Pre-graad R) en Graad 2 tot 7:Open 03 Augustus 2026 en sluit 17 Augustus 2026. LET WEL: Ouers kan nie ‘n Eekhorinkie-aansoek op die WKOD stelsel indien nie. Die aansoeke sal deur die skool opgelaai word en outomaties aan die ouer se profiel koppel. Dit is dus belangrik dat ouers ons Uitdrukking van belangstellingsvorm voltooi. Graad 2-tot-7-aansoeke moet op die WKOD stelsel ingedien word.Volg die skakel om te registreer of in te skakel: WCED Admissions Login page - 2Eekhorinkies- tot Graad 7-Aansoeke: Voltooi asseblief die skool se Uitdrukking van belangstellingsvorm. Heg die ondersteunende dokumentasie aan. Alles word elektronies ontvang en gestoor.
- 3
UITKOMSTE: Graad R en Graad 1: Vanaf 28 Mei tot 10 Junie 2026 sal u per sms of e-pos deur die WKOD ingelig word aangaande die uitkoms van u aansoek. Dit sal ook op die WKOD se webtuiste aangedui word. Ouers moet tussen 28 Mei en 15 Junie 2026 aanvaarding aanlyn bevestig. Eekhorinkies en Graad 2 tot 7: Ouers moet op die WKOD stelsel in skakel om die uitkomste te besigtig. Die stelsel sal vanaf 16 September 2026 die uitkomste vertoon. Ouers moet tussen 16 en 18 September 2026 aanvaarding aanlyn bevestig.

Belangrike inligting
