Skoolsport
Sport wat deur die skool aangebied word
Die Sportkantoor sien om na alle fasette van die sportaktiwiteite van die skool. Afrigting word deur opvoeders sowel as gekeurde buite-afrigters na skool hanteer. ‘n Wye verskeidenheid sportsoorte word aangebied. Kostes vir alle sporte is ingesluit by die skoolfonds. Ons het ‘n onderdak sportsentrum, ‘n mini-astro asook ‘n swembad op die skoolterrein en al die graadgroepe kry weeklikse, multifunksionele fiksheidsonderrig (tydens LO en sportperiode). Sportspanne kry addisionele geleenthede om die geriewe te gebruik.
Sport organiseerder: Nita Gouws – sport@lstellen.co.za
Laai ons sportbeleid hier af.