Dit is voorwaar ‘n voorreg om so ‘n dinamiese skool, met sy entoesiastiese personeel, skoolhoof en ouers te kan dien. Beheerliggame van openbare skole het groot verantwoordelikhede ingevolge die Skolewet om skole op ‘n volhoubare wyse te bestuur.

Die beheerliggaam van Laerskool Stellenbosch wil egter nie net bestuur en instandhou nie, maar voortdurend innoveer, die belange van ons kinders op die hart dra en ons skool binne ‘n dinamies-veranderende en toenemend regstegniese onderwysomgewing gunstig bly posisioneer. Ons bekwame beheerliggaamlede doen dit in hulle onderskeie portefeuljes en gesamentlik as ‘n goed-funksionerende span.

Ons nooi alle ouers uit om met ons in gesprek te bly en ons hande te sterk. Met die oog daarop, verskaf ons graag die name, portefeuljes en e-pos adresse van ons beheerliggaamlede. Laat ons gesels!

Ons beheerliggaam is geaffilieer by die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole. Besoek gerus www.fedsas.org.za vir nuttige inligting oor die bestuur van Suid-Afrikaanse skole.

  • Piet Steenkamp

    Voorsitter

  • Irénée Heyns

    Onder-Voorsitter

  • Jaco Swart

    Skoolhoof

  • Stefan Cronje

    Finansies

  • Cobus Smit

    Infrastruktuur

  • Rochelle Derksen

    Projekte

  • Yvonne de Beer

    Regskundige

  • Rudi Buys

    Strategiese Beplanning

  • Carine Mocke

    Opvoeding / Kultuur (Seniorfase)

  • Johannita Kruger

    Opvoeding / Kultuur (Grondslagfase)

  • Josua Swanepoel

    Sport / OV

  • Liza Venter

    Nie-opvoeders

  • Nienke Sherriff

    Sekretaresse