Dit is voorwaar ‘n voorreg om so ‘n dinamiese skool, met sy entoesiastiese personeel, skoolhoof en ouers te kan dien. Beheerliggame van openbare skole het groot verantwoordelikhede ingevolge die Skolewet om skole op ‘n volhoubare wyse te bestuur.
Die beheerliggaam van Laerskool Stellenbosch wil egter nie net bestuur en instandhou nie, maar voortdurend innoveer, die belange van ons kinders op die hart dra en ons skool binne ‘n dinamies-veranderende en toenemend regstegniese onderwysomgewing gunstig bly posisioneer. Ons bekwame beheerliggaamlede doen dit in hulle onderskeie portefeuljes en gesamentlik as ‘n goed-funksionerende span.
Ons nooi alle ouers uit om met ons in gesprek te bly en ons hande te sterk. Met die oog daarop, verskaf ons graag die name, portefeuljes en e-pos adresse van ons beheerliggaamlede. Laat ons gesels!
Ons beheerliggaam is geaffilieer by die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole. Besoek gerus www.fedsas.org.za vir nuttige inligting oor die bestuur van Suid-Afrikaanse skole.
Beheerliggaam
Naam | Portefeulje | Leerling | E-pos |
Hawkie de Villiers | Skoolhoof | hawkie@lstellen.co.za | |
Piet Steenkamp | Voorsitter | Cara, Helene, Lisa, Thomas | piet@groenland.co.za |
Irénée Heyns | Onder-Voorsitter / Strategiese Beplanning | Anna-Lea, Johan | irenee@moederkerk.co.za |
Dawie de Vries | Sektretaris | Logan | dawiegdv@gmail.com |
Jacques Dreyer | Finansies | Arné, Mia | jacques.dreyer@gmail.com |
Yvonne de Beer | Regskundige | Burger, Wessel | yvonne@ydb.co.za |
Carine Comerma | Sport | Leah, Mische | carineverm@yahoo.com |
Johannita Kruger | Opvoeding | Zander, Zoë | johannita@lstellen.co.za |
Marzanne Swanepoel | Projekte en Bemarking (OV) | Mia, Nina, Sonja | marzanne1979@gmail.com |
Christiaan de Villiers | Geboue en Terrein | Christiaan, Bea | christiaan@devilliersconsult.co.za |
Liza Venter | Nie-opvoeders | liza@lstellen.co.za |