Kultuur
By Laerskool Stellenbosch poog ons om die leerders aan verskeie kultuur aktiwiteite bloot te stel. Ons wil hulle ‘n liefde vir die kunste aanleer sodat hulle as afgeronde persone die wye wêreld kan ingaan. Ons kultuurpersoneel is bekwame opgeleide spesialiste in hulle verskeie gebiede. Leerders word aangemoedig om aan kultuur deel te neem en ook as gehoor dit te geniet.
Kultuurhoof:
Jolande Botha
Redenaars
In die eerste kwartaal het ons ons eie Intergraad kompetisie. Hier sif ons en wys die beste redenaars in elke graad aan.
Tydens die tweede kwartaal verteenwoordig die 3 beste redenaars die skool by die jaarlikse ATKVuitdunrondtes en semi-finale rondtes. Ons het ook ‘n Interskole kompetisie in die Paarl waaraan ons gr. 6-en 7-redenaars deelneem. Vanjaar het ons vir die eerste keer gr. 3’s wat op ‘n informele geleentheid voor ouers en sonder beoordelaars hulle staal wys.
In die derde kwartaal vind die ATKV finale kompetisie plaas. Ons bied ook 2 eie Redenaarsfeeste aan waar ons ander skole uitnooi om te kom deelneem. Een van
die twee fokus op die beste twee gr. 4-7-redenaars van die uitgenooide skole en die ander een se klem val op die leerders wat derde en vierde by hulle onderskeie skole gekom het. Sodoende kry hulle ook ‘n kans om aan ‘n kompetisie deel te neem. Die kompetisie word in twee afdelings verdeel nl. Gr.4/5 en gr.6/7. Albei hierdie kompetisies het prysgeld vir die eerste 3 wenners in die onderskeie afdelings.
Tydens kwartaal vier bied ons ‘n skryfkursus aan waar redenaars en hulle ouers die geleentheid kry om te leer hoe om toesprake te skryf. Dit word baie praktiese gedoen en die nuwe temas vir die volgende jaar word bespreek, bedink en beredeneer.
Juniorkoor
Musiek
Musiekhoof: Mev Paula Smit (klavier, blokfluit, dwarsfluit) hekelpen@gmail.com
Mev Annalene Kemp (klavier) annalenekemp@gmail.com
Mev Marelize Moller (klavier en djembé-dromme) calamarelize@gmail.com
Mev Riana de Wet (seniorkoor, klavier, blokfluit, dwarsfluit en djembé-dromme) rianadw3010@gmail.com
Mev Juliana du Toit-Truter (viool) julianadutoit@gmail.com
Mnr Ronaldo Daniels (kitaar en saksofoon) ronaldodaniels07@gmail.com
Me Suzanne Erasmus (sang) suzanneeras@icloud.com
Me Estelle Kemp (tjello) estelle5550125@icloud.com
Dromme/Orkes
Graad 1-3 (Grondslagfase) tree elke kwartaal tydens die Grondslagfase-musiekkonserte op. Graad 5,6, en 7 neem jaarliks deel aan die Stellenbosch Kunswedstryd. Hierdie is die hoogtepunt van die jaar om in die Endlersaal op te tree.
Graad 4-7 tree ook op tydens die skool se jaarlikse Kultuuraand. Die leerders oefen in klasverband, maar voor optredes oefen hul as ‘n groep.
Intrumente bestaan uit Marimba’s, xilofone, dromme, glockenspiels, blokfluit, viool, ukulele, trekklavier, kontrabas, outoharp, simbale en klokkies. Ons maak gebruik van alles wat beskikbaar is en betrek ook buite-leerders om soveel moontlik geleentheid te gee om deel te neem.
Kuns Graad 1 – 7 buitemuurs
Sedert 2007 word kuns as ‘n buitemuurse aktiwiteit deur Juf Liezl de Kock by Laerskool Stellenbosch aangebied. Die klasse is elke middag vir ‘n uur en ‘n half en gee leerders die geleentheid om uiting aan hul kreatiwiteit te gee! Daar is ongeveer 8 na 15 eerders per klas, sodat elke kind individuele aandag kan geniet. Daar word meestal geskilder in akrielverf, maar ander mediums soos kleurpastelle en houtskool word ook gebruik. Leerders word geleer om hul tyd aan ‘n projek te spandeer; niks word afgerammel nie. Nuwe temas word maandeliks gegee en kan enige iets wees van landskappe tot ‘n portret. Elke leerder leer dat hul ‘n unieke styl het, nie almal skilder soos ‘n foto nie! Daar word veral gepoog om kinders te leer om vorm, kleur en diepte in hul omgewing waar te neem. Teken vorm ook ‘n integrale deel van kuns. Die hoogtepunt van die kunsklas is die jaarlikse uitstalling wat aan die einde van die jaar plaasvind. Ouers word genooi om kunswerke te besigtig. Die heel belangrikste aspek van kuns is dat dit plaasvind in ‘n ontspanne atmosfeer en dat daar sosiaal verkeer word. Dis ‘n plek waar leerders saam met maats kan lag en leer!
Seniorkoor
Bybelvasvrae
Kollig kinderdrama
By ons dramaskool val die kollig op die kind nes hy of sy is. Ons verhoog, verlig en respekteer elke kind se uniekheid. Ons gee nie om oor krake nie – dit is mos waar die lig deur skyn. “Deur speel, sing en lag leer die kind elke dag”. Daar word spontaan gespeel en geïmproviseer, sodat die kind se verbeelding en kreatiwiteit kan ontwikkel. In die Kollig dramaskool skep ons oomblikke van betowering wat die kind vir altyd sal by bly.