Tennis

Afrigters

Organiseerder: Stefan Gouws (tennis@lstellen.co.za)

  • Afrigters en/of spanbestuurders: Renika Stramrood, Cornel Smuts, Lelanie van der Berg,, en Marilie Carpenter
  • Buite-afrigters: Gerrit Steenkamp Toro Tennis Akademie (gerrit@torotennis.com) (084 510 5189)
DAG TYD GROEP AFRIGTERS
MAANDAE 07:00 – 07:40 Gr 1 – 3 Intermediêre DOGTERS Marilie Carpenter en Belinda Lüttich, Karin van Gend
15:00 – 15:45 Gr 1 – 3 Beginner PLAY AND STAY Toro-afrigter x 1                                       Lelanie vd Berg
15:45 – 16:30 Gr 4 – 7 Intermediêre Dogters Renika Stramrood, Hanine Myburgh,

Toro-afrigter x1

DINSDAE 7:00 – 7:40 Jnr Elite Seuns Stefan Gouws, Cornel Smuts en Carine Comerma
14:00 – 15:30 Snr Elite Dogters Cornel Smuts en Jandrè Stramrood
15:30 – 16:15 Gr 4 – 7 Beginners PLAY AND STAY Toro-afrigter en Belinda
WOENSDAE 7:00 – 7:40 Gr 4 – 7 Intermediêre Seuns Renika Stramrood, Karin van Gend,

Toro x1

13:00 – 13:55 SPORTPERIODE Spanne wat liga speel. Cornel, Renika, Jandré
14:00 – 14:45 Gr 1 – 3 Beginner PLAY AND STAY Toro-afrigter x 1                                        Lelanie vd Berg
14:45 – 15:45 Jnr Elite Dogters Stefan Gouws en Cornel Smuts
DONDERDAE 07:00 – 07:40 Gr 1 – 3 Intermediêr SEUNS Marilie Carpenter en Belinda Luttich, Hanine Myburgh
14:00 – 14:45  Gr 4 – 7 Beginners PLAY AND STAY Toro-afrigters
14:45 – 18:00 o.11 en o.13 LIGA WEDSTRYDE ALMAL (Stefan Gouws en Marilie Carpenter sal bevestig)
VRYDAE 7:00 – 8:00 Snr Elite Seuns

 

Carine Comerma,Cornel Smuts en Jandrè Stramrood

Ligawedstryde

Spanne neem op Donderdae vanaf 14:45 – 17:00 aan ligawedstryde deel. Graad 3-, 4- en 5-spelers speel in die o.11-liga en graad 6- en 7-spelers in die o.13-liga. Ligawedstryde word in die eerste en vierde kwartaal gespeel. Ouers word soms gevra om saam met die vyf afrigters as spanbestuurders op te tree. Ons het tans vyf o.11- en o.13-seunspanne en twee o.11 en o.13-dogterspanne.

Toernooie

Daar word deur die jaar aan verskeie toernooie deelgeneem. Ons het vir die eerste keer in Januarie 2019 aan die Welgemoed toernooi deelgeneem. Die Eikestad Dubbelstoernooi wat in Februarie plaasvind, bots soms met ons graadkampe, maar indien nie neem ons o.11- en o.13-spelers hieraan deel. In Mei ding 5 o.13-dogters in die Amanda Coetzer toernooi in Bloemfontein mee. Verder neem ons jaarliks aan die Swellendam Oude Post Toernooi, o.10 en o.13 Matchpoint Toernooi te Graaff-Reinet, Gerrie Berner Toernooi te Paarl en die Mikro KFC-Toernooi in Kuilsrivier deel.