Swem

Afrigters

Organiseerder: Maryke Aspeling

  • Graad R: Shani Beineke, Martlé Smith, Elzeth Truter en Noeline

    Interkleuregala medaljewenners Agter vlnr: Reuben van der Merwe: Senior Victor Ludorum, Lasea Andrag: Senior Victrix Ludorum, Olivia Schwartz: Beste dogter swemmer, Kornelius Holm: Beste seun swemmer Voor vlnr: Schalk de Roubaix: Junior Victor Ludorum, Christine du Plessis en Leah Gerisher: Junior Victrix Ludorum

    Southey

  • Graad 1 – 3 beginners: Jeanri van Lingen, Menanteau Bester, Barbara Greeff en Maryke Aspeling
  • Graad 1 – 3 gevorderd: Adiska Du Preez
  • Graad  4 – 7 beginners en gevorderd: Heidi Such en Lenel Hugo
  • Junior B-Swemspanne: Madelize de Vries
  • Senior Swemspanne: Judy-Lynn Holden

Oefentye

Maandae:

  • 15:00 – 15:30              Graad 4 – 7 Beginners
  • 15:30 – 16:00              Graad 4 – 7 Gevorderd
  • 16:00 – 16:30              Juniorspan A
  • 16:30 – 17:15               Judy Lynn
  • 17:15 – 18:00               Seniorspan

Dinsdae:

  • 13:15 – 14:00               Graad R
  • 14:00 – 14:40              Graad 1 – 3 Beginners Groep A
  • 14:30 – 15:00              Graad 1 – 3 Beginners Groep B
  • 15:00 – 15:30              Graad 1 – 3 Gevorderd
  • 15:30 – 16:00             Juniorspan B
  • 16:00 – 17:00              Waterpolo: Graad 3 – 5
  • 17:00 – 18:00               Waterpolo: Graad 6 – 7 (Paul Roos)

Woensdae:

  • 13:15 – 14:15                 Graad R
  • 14:15 – 14:45                 Graad 1 – 3 Beginners Groep A
  • 14:45 – 15:15                 Graad 1 – 3 Beginners Groep B
  • 15:15 – 15:45                 Juniorspan A
  • 15:45 – 16:15                 Seniorspan
  • 16:30 – 17:30                Waterpolo: Graad 4 – 5 (Skool) en Graad 6 – 7 (Paul Roos)

Donderdae:

  • 14:00 – 14:30                Graad 1 – 3 Gevorderd
  • 14:30 – 15:00                Juniorspan B
  • 15:00 – 15:30                Graad 4 – 7 Beginners
  • 15:30 – 16:00                Graad 4 – 7 Gevorders
  • 16:00 – 17:30                Judy Lynn

Vrydae:

  • 14:45 – 16:00              Waterpolo Wedstryde/Oefening: Graad 6 – 7 (Paul Roos)
  • 15:00 – 18:00             Judy Lynn

Beginners: Leerders wat glad nie ‘n styl kan swem nie, maar wel kan “doggy-paddle” en of/kan dryf. (Let asb op dat ons NIE waterveiligheid aanbied nie. Leerders moet hulself in die water kan help)

Intermediêr: Leerders wat al oor die breedte van die swembad kan swem. Hulle hoef nie al die slae te bemeester nie, maar wel hulself oor die breedte kan neem.

*Beginner- en Intermediêre swemmers sal deur die loop van die eerste twee weke in hul finale groepe ingedeel word.

Gevorderd: Leerders wat reeds lengtes kan swem. Alle leerders wat vir die Interkleuregala inskryf en nie in die swemspan opgeneem word nie.

Elite: Swemmers wat in die swemspan opgeneem word.

By die oefeninge word daar op waterveiligheid en selfvertroue vir beginners, vaardigheid vir gevorderde swemmers en styl en stamina vir swemspanne gekonsentreer. Ons maak gebruik van die gespesialiseerde kennis van Judy-Lynn Holden. Sy is ‘n bekwame afrigter wat reeds vir baie jare swemmers in Stellenbosch afrig. Ouers wat in persoonlike afrigting vir hul kinders belangstel of om by Judy-Lynn se swemskool aan te sluit, kan haar by 082 4444 358 kontak.

Van gr. R tot gr. 3 is die aantal swemmers beperk tot net drie swemmers per afrigter per sessie van 15 tot 20 minute. Dit gee die afrigter die geleentheid om veiligheid behoorlik toe te pas en om elke swemmer optimaal af te rig. Die gr. R tot 3 – swemmers word in die eerste week van skool ingedeel in vaardigheidvlakke sodat ‘n afrigter in een sessie swemmers het met dieselfde vaardigheid.

Indeling van groepe

Gr. R:
Hulle word afgerig deur hulle eie klasonderwysers. Leerders word in twee groepe
ingedeel wat op onderskeidelike dae swem.

Gr. 1 tot 3 – BEGINNERS:
Beginnerswemmers in gr. 1 – 3 swem in dié groep.

Gr. 1 tot 3 – GEVORDERD:
Leerders in gr. 1 – 3 wat reeds ‘n breedte kan swem, maar nog nie die korrekte styl swem nie.

Gr. 4 – 5:
Leerders in gr. 4 – 5 wat reeds ‘n breedte kan swem, maar nog nie die korrekte styl swem nie.

Gr. 6 – 7:
Leerders in gr. 6 – 7 wat reeds ‘n breedte kan swem, maar nog nie die korrekte styl swem
nie.

JUNIOR SWEMSPAN:
Leerders in gr. 1 – 3 wat reeds ‘n lengte kan swem en gereed is om aan ‘n gala deel te neem.img_9655

SENIOR SWEMSPAN:
Leerders in gr. 4 – 7 wat reeds ‘n lengte kan swem en gereed is om aan ‘n gala deel te neem.

Gala’s

GRONDSLAGFASE PRETGALA
Met hierdie gala poog ons om alle swemmers, sowel as die swemmers wat nog nie hul swemstyl afgerond het nie, die geleentheid te gee om aan ‘n informele gala deel te neem.Die items waaraan deelgeneem kan word, is bordjie, rugslag, borsslag, vlinderslag en vryslag. Alle leerders van gr. 1 tot gr. 3 is welkom om in te skryf. Leerders in gr. 3, wat reeds o.10 is, mag in hul gepaste ouderdomsgroep aan die gala deelneem. Hierdie gala word addisioneel tot die Interkleuregala gehou. Swempette is by die klerebank beskikbaar. Donkerblou of swart swembroeke moet deur swemmers gedra word. Geen tweestukke is toelaatbaar nie.

LEERDERS WAT NIE BY DIE GRONDSLAGFASEGALA SWEM NIE

Sportoefeninge vir leerders van gr. 1 tot 3 gaan voort. Die swemmers wat sport het, sal verskoon word van die oefening. Die res van die grondslagfase vergader vanaf 13:00 in die musieklokaal. Gr. 1 en 2 verdaag om 13:25 en gr. 3 verdaag om 14:25.

INSKRYWINGS

Inskrywings moet volledig ingevul word ten opsigte van die item, naam, jaar van geboorte, spankleur, geslag, ouderdom en slag wat geswem gaan word.  Let op dat daar ‘n aparte inskrywingsvorm vir elke item waaraan deelgeneem word, ingevul moet word.  Knip elke individuele inskrywing netjies uit en stuur dit aan juf. Carolien Heenop.  Inskrywings sluit ‘n week voor die gala!

BOLAND SEUNSGALA

BOLAND DOGTERSGALA

INTERKLEURE GALA

JOE GRINDLAY GALA

BOLAND KAMPIOENSKAPPE

BRIDGE HOUSE AFLOSGALA

DOLFYNTJIEGALA

UITDAAGGALA

RHENISH AFLOSGALA

KENRIDGE AFLOSGALA

VINSURE GALA