SKOOL UNIFORM
SEUNS | MEISIES | |
SKOOLPET EN SONHOED | Pet en hoed mag gedra word tensy leerder ’n gebou betree. | Pet en hoed mag gedra word tensy leerder ‘n gebou betree. |
SKOOLTRUI | Donkergroen, V-hals trui met skoolwapen op sak (opsioneel in somer). | Donkergroen, V-hals trui met skoolwapen op sak (opsioneel in somer). |
OORTREKTRUI | Donkergroen, V-hals oortrektrui met skoolwapen op sak (opsioneel). | Donkergroen, V-hals oortrektrui met skoolwapen op sak (opsioneel). |
HEMP | Grys hemp met oopslaankraag en kort moue (somer en winter). Grys langmouhemp, toeknoopkraag (winter). | Wit kortmouhemp met oopslaankraag (somer en winter). Wit langmouhemp met toeknoopkraag (winter). |
SKOOLROKKE | Geruite, langlyf voorskootrokkie met platgeplooide romp, langmouhemp met das/kortmouhemp. Groen trui en donkergroen broekie. | |
BROEK | Grys kortbroek van gladde (nié gekoorde) poliësterkatoen. Grys langbroek opsioneel (winter). | Donkergrys langbroek (opsioneel in winter). Grys sokkies by langbroek. |
SKOOLDAS | In skoolkleure (verpligtend by langmouhemp). | In skoolkleure (verpligtend by langmouhemp). |
SKOOLSOKKIES | Grys kouse met skoolkleure in die omslaanrand. | Kort, wit sokkies. Lang swart broekiekouse (opsioneel in die winter). |
SKOENE | Swart toerygskoene (waarvan die sole nie merke op die vloer sal maak nie). Slegs in winter verpligtend. | Swart skoene met ‘n bandjie oor die voet of veters (waarvan die sole nie merke op die vloere sal maak nie). Slegs in winter verpligtend. |
REËNBAADJIE | Reënbaadjie met skoolwapen. Mag nie in plek van trui of sweetpakbaadjie gedra word nie, maar mag wel bo-oor trui of sweetpak gedra word in geval van koue of reën. | Reënbaadjie met skoolwapen. Mag nie in plek van trui of sweetpakbaadjie gedra word nie, maar mag wel bo-oor trui of sweetpak gedra word in geval van koue of reën. |
VERSIERINGS | Geen krale, armbande, oorbelle of ringe mag gedra word nie. | Geen grimering, krale, armbande of ringe mag gedra word nie. Dogters met gaatjies in hul ore, mag slegs enkel eenvoudige ringetjies of knoppies van goud of silwer dra. |
HARE | Seuns se hare moet kort gesny wees en mag nie aan die wenkbroue of ore raak nie. | Slegs rooi, donkergroen, swart en geruite rekkies, linte of knippies mag gedra word. Dogters se kuiwe moet uit hul gesigte gehou word met knippies. |
SPORT- EN LO-DRAG
SEUNS | MEISIES | |
SWEETPAK | Rooi en groen sweetpak met die skoolwapen op. | Rooi en groen sweetpak met die skoolwapen op. |
ROOI PLAKKIES | Mag slegs saam met sportdrag gedra word, ook op Woensdae in somer en met LO. Mag nie saam met sweetpakbroek gedra word nie. | Mag slegs saam met sportdrag gedra word, ook op Woensdae in somer en met LO. Mag nie saam met sweetpakbroek gedra word nie |
SPORTPERIODE EN LO | Groen atletiekbroekie en groen sporthemp met rooi kraag met skool se naam. Ook Stellies hempie. | Groen atletiekbroekie en moulose groen hemp. Ook Stellies hempie. |
SPORTSKOENE | Gepaste funksionele sport skoene. Oorwegend wit. Geen “sneakers”. | Gepaste funksionele sport skoene. Oorwegend wit. Geen “sneakers”. |
SPORTSOKKIES | Wit sportsokkies wat die enkel toemaak. Geen “secret socks” of “hidden socks”. | Wit sportsokkies wat die enkel toemaak. Geen “secret socks” of “hidden socks”. |
ATLETIEK EN
LANDLOOP |
Groen atletiekbroekie en rooi atletiekfrokkie met die skool se naam. | Groen atletiekbroekie en rooi atletiekfrokkie met die skool se naam. |
NETBAL | Rooi rompie (Klerebank) en groen moulose hempie met kort wit sokkies. Rooi klein broekie. Wit tekkies. | |
TENNIS | Wit broekie, groen hemp met rooi kraag. Tennis spandrag is by Klerebank van Laerskool Stellenbosch beskikbaar. | Rooi rompie (Klerebank) en groen hemp met kraag. Tennis spandrag is by Laerskool Stellenbosch Klerebank beskikbaar. |
RUGBY | Wit broekie, groen rugbytrui soos deur skool voorsien. | |
HOKKIE | Groen atletiekbroekie, groen hemp met rooi kraag en groen krieketsokkies. | Groen atletiekbroekie en moulose groen hemp en groen krieketsokkies. |
KRIEKET | Wit broekie, groen hemp met rooi kraag met skool se naam op en groen krieketsokkies met rooi strepe en tekkies. Oortrektrui mag ook as krieketdrag gedra word (slegs o.11 en o.13). | |
SWEM | Swart/Donkerblou Speedo/Arena swembroek. Rooi/wit swempet. (Klerebank) | Swart/Donkerblou Speedo/Arena swembroek. Rooi/wit swempet. (Klerebank) |
ANDER VORME SKOOLDRAG
KOORDRAG:
SENIOR EN JUNIOR KOOR |
Wit langmouhemp, grys langbroek, skooldas (seniors)/strikdas (juniors), skoolsokkies en swart skoene. | Skoolrok, wit langmouhemp, kort wit sokkies, skoolskoene met bandjie oor die voet of veters. Skooldas (seniors) / strikdas (juniors). |
Skooldrag en voorkoms:
- Die tydperk vir die dra van somer-/wintersdrag sal deur die skool bepaal word.
- Leerders moet te alle tye netjies en trots wees op hulle skooldrag, selfs ook ná skoolure.
- Leerders mag slegs die voorgeskrewe skooldrag dra.
- Leerders se haarstyl mag nie afbreek doen aan die netheid van die skooldrag nie.
- Hare mag onder geen omstandighede gekleur word nie.
- Seuns se hare moet netjies en kort gesny wees en mag nie aan die ore of wenkbroue raak nie.
- Dogters se kuiwe moet uit hul gesigte verwyder word met knippies.
- Groot oorringe, armbande, kettings, ringe, ens, word verbied.
- Naellak is verbode.
- “Secret socks” en “hidden socks” saam met sportklere word nie toegelaat nie. Slegs oorwegend wit sokkies, wat die enkel bedek of hoër is, word daarmee toegelaat.
- Tydens “Civvie dae” moet leerders se klere smaakvol uitgekies word, sodat hulle nie onvanpas aangetrek is nie.