Rugby

Afrigters

Organiseerder: Jacques Horne

  • o.13 – Jacques Horne en Francois Gerber
  • o.11 – Stefan Gouws en Johan Claassens
  • o.10 – Kassie Visser en Kevin Goddard
  • o.9 – Renaldo Payne en Stephan Burger
  • o.8 – Gregory Nel en Gustav September
  • o.7 – Dawie de Vries en Retief van der Merwe
  • Graad R – Kassie Visser en Stephan Burger

Oefentye

Dinsdae:

  • 13:00 tot 14:00  –  o.7 en o.8
  • 13:15 tot 13:45  –  Graad R
  • 14:00 tot 15:00    –    o.9
  • 14:30 to 16:00     –    o.10 – o.13

Woensdae:

  • oefeninge vind plaas tydens sportperiode

Donderdae is Wedstryddae, maar indien geen wedstryde sal oefeninge soos volg plaasvind:

  • 13:00 tot 14:00    –    o.7 en o.8
  • 13:15 tot 13:45    –     Graad R
  • 14:00 tot 15:00    –    o.9
  • 14:30 tot 17:30    –     o.10 – o.13 (wedstryde)
  • 14:30 to 16:00     –    o.10 – o.13

2019 Prestasies

Stellies is trots op ons drie WP-rugbyspelers.

V.l.n.r: Adeeb Boraine, Caleb Diedericks, Lukas Heyns

Waarom rugby?

‘n Vraag wat ouers gereeld vra.

Rugby is ‘n kontaksport. Daar is gereeld so baie wanopvattings oor rugby as ‘n sportsoort in skole. Hier by Laerskool Stellenbosch rig ons uiters bevoegde rugby-afrigters die sport rugby af, maar saam met die afrigting kom daar meer lewensvaardighede vir kinders as bloot net die rugby wat op televisie gesien word en waaroor die media alewig ‘n bohaai maak.

Ons leer die kinders om hulself, hul eie vermoëns, spanwerk, sukses en terleurstelling te ontdek. Ons bou ons seuns se karakters om eendag, wanneer die lewe vir hulle taai en moeilik raak, te kan funksioneer en aan te gaan sonder om op te gee. Ja, dis lekker om te wen, dis lekker om onoorwonne te wees, maar seuns moet leer dat ‘n mens nie als kan wen nie en daarom is dit belangrik om soms te verloor ook, veral wanneer mens dit nie verwag nie. Dit is die lewe, mens wen, mens verloor, dit gaan soms goed en dit gaan soms sleg. Ons moet oplossings vind vir probleme.  Ons moet sosiaal aanvaarbaar optree. Ons moet leer om mense saam met ons in ‘n span te vertrou. Ons moet toepas wat aan ons geleer of voorgeskryf word.  Nog iets waarop ons fokus, is respek.  Respek vir jou spanlede, afrigter, opponente, skeidsregter en die spel self. Geen speler kan ooit groter wees as die span self nie.  Sukses hang van elke speler in die span af.  Nie net van een of twee spelers nie.

Rugby dek al hierdie aspekte van lewensvaardighede en lewensverryking.

Ons wil ouers graag uitnooi om hul seuns aan die  pragtige sport te laat deelneem.  Ons doen baie moeite om die beste uit elke speler na vore te bring, of hy nou ‘n Cravenweekspeler is en of hy in ‘n D-span speel, elkeen wat rugby speel word as mens en as jong gentleman ontwikkel wat in homself glo en sy eie oordeel leer vertrou.  Hou maar gerus dop, die seuns van Laerskool Stellenbosch, wat by ons rugby speel, groet altyd met die hand, lig sy hoed op as hy groet en sê altyd dankie.  En dit is wat die afrigters ook doen.

Indien u vrae oor rugby by ons skool sou hê, voel asseblief vry om my by die skool te kontak.

Jacques Horne

Rugbyhoof

jacquesh@lstellen.co.za

Rugby by Laerskool Stellenbosch

Tigers 2019