Redenaars

Afrigters

Organiseerder: Adiska du Preez

Graad 4 – 7 Koördineerders:
Menanteau Bester
Maryke Aspeling
Anize Koetzier
Carine Mocke

Belangstellende redenaars vanaf Graad 4 – 7 oefen tydens die eerste en vierde kwartale in die sportperiodes. Daar “brainstorm” ons oor die temas, stel breinkaarte op met moontlike onderwerpe en begin skryf aan die eerste “draft ” van ons toesprake. Daarna is dit oorskryf, doodtrek, weer skryf en wéér oorskryf totdat ons uiteindelik tevrede is. Nou is dit tyd om voor die spieël te oefen met die kaartjies tot ons die toesprake ken.

Belangrike datums

11 Maart 2019: Intergraad kompetisie

9 April 2019: Paarl Gimnasium Interskole

15/16/17 April 2019: 1ste rondte ATKV (Brackenfell Laerskool)

7/8/9/10 Mei 2019: Semi-finale rondte ATKV (Brackenfell Laerskool)

10 Oktober 2019: Redenaarsfees

Tydens die tweede kwartaal vind die Laerskool Paarl Gimnasium Redenaarskompetisie en ATKV kompetisie plaas. ‘n Hele klomp redenaars neem deel. Individuele deelname aan “Oppi Tong” kompetisie vind ook tydens hierdie kwartaal plaas.

In die derde kwartaal het ons, ons jaarlikse Redenaarsfees, waar vyf ander skole genooi word om deel te neem. Vanjaar het ons skoonskip gemaak in die seniorafdeling met ‘n eerste-, tweede én derde plek. Ook in die junior afdeling het ons ‘n tweede plek behaal.

2019 Pretasies

Tydens 2019 se Intergraad kompetisie het die volgende redenaars in hulle onderskeie afdelings gewen: Gr. 5 – Annebelle Spies Gr. 6 – Elizabeth Joubert Gr. 7 – Ivan Radley Altesaam 7 redenaars het aan die ATKV redenaarskompetisie se eerste rondte deelgeneem. Vier redenaars dring deur na die semi-finale rondte: Annebelle Spies, Elizabeth Joubert, Jana Koekemoer en Isabella Eksteen. Jana Koekemoer en Isabella Eksteen eindig onder die top 10 redenaars in die Wes-Kaap!