Nuus

  • Laerskool Stellenbosch Mini-Krieketdag

    Op Vrydag, 5 November 2021, het ons jaarlikse Mini-Krieketdag plaasgevind. Skole wat deelgeneem het sluit in:

    Laerskool WPS, Renish Primary, Laerskool Eikestad en Laerskool Swartland

  • Gerrie Berner tennistoernooi

    Laerskool Stellenbosch is baie trots op die 7 seuns wat na baie sweet en tande kners, koning gekraai het by die Gerrie Berner tennistoernooi, een van die grootste tennistoernooie in die Wes-Kaap.

    John Jansen, Daniel Kriel, GN Shrives, Simeon Roothman, Louis Kriel, Dawid Fourie en Sam Khona

    Ons meisies het hul ook baie goed van hul taak gekwyt.

  • Stellies vier maal pure goud!

    Vier van ons tennisspanne het die pas afgelope naweek hul onderskeie tennistoernooie gewen. In Graaff-Reinet het die 1ste dogters- en 1ste seunspan die Jocelyn Marais uitdaagtennistoernooi gewen. Die 0/11-seuns- en dogters tennisspanne het op hul tuisbaan ook albei goud verower.

    Die spanne is:
    0/11 Seuns: Dawid Fourie, John Burke, Owen Stephens, Pieter Mouton.
    0/11 Dogters: Lizé Buys, Arné Dreyer, Celeste Boucher, Mieke Dreyer
    0/13 Seuns: G.N. Shrives, Simeon Roothman, Louis Kriel, Daniël Kriel
    0/13 Dogters: Kiara Steyn, Larissa Scholtz, Lila van der Merwe, Lida Booysen

  • Erfenisdag

    Elke jaar vier ons Erfenisdag by die skool en die leerders geniet hul gate uit!

  • Boomplantdag

    1 September is Lentedag 🌼🌺 en ons plant bome! 🌳
    “We can learn a lot from trees: They’re always grounded but never stop reaching heavenward.” Everett Mamor 🌱

  • 6 Augustus 2021 was Bok-Vrydag

    Hier kom die bokkie!

  • Maskers

    Graad 7-leerders en hulle onderwysers spog met hul unieke maskers wat deur die hoofleiers geïnisieer is .

  • DBV-projek

    Laerskool Stellenbosch wil graag elke ouer en leerder bedank vir hulle bydrae tot die DBV-projek. Ons was oorweldig deur julle vrygewigheid en die personeel by die DBV kon nie genoeg dank aan die skool betuig nie. Die leerders wat die meeste produkte geskenk het, het die geleentheid gekry om die DBV te besoek. ‘n Spesiale dankie aan ons hoofleiers wat die projek geloods het!

  • NSRI insamelingsprojek

    Baie dankie vir almal se bydrae tot die NSRI muntlegging!! Ons het ‘n verstommende bedrag van R11 832 ingesamel!

  • Ons skoolhoof verjaar!!!

    Op Maandag, 12 April 2021, het ons meneer Hawkie bederf! Dit was ‘n baie lekker dag en elke leerder het ‘n cupcake ontvang.

    Baie geluk meneer Hawkie! Dankie vir alles wat Meneer vir ons skool doen!

  • Human Malherbe Laerskool Skryfbehoeftes Projek

    Die Human Malherbe Laerskool Skryfbehoeftes Projek was ‘n groot sukses! Ons kon die afgelope naweek 26 bokse vol skryfbehoeftes, skoolskoene en rugsakke na Fraserburg stuur. Dit gaan verseker ‘n klomp kinderhartjies bly maak. Een van die seuntjies by daardie skool se verjaarsdagwens was ‘n koek, stokkielekker, uitveër en waterbottel… dit laat ‘n mens dink.

    Baie dankie aan elke huisgesin wat aan hierdie projek deelgeneem het, ons waardeer julle!

    Eerste Semester Leerderraad

  • Brandweer erewag

    Stellies sê baie dankie aan die Brandweerpersoneel en die brandbestryders wat ons veilig gehou het tydens die brand in Jonkershoek. Ons waardeer julle!

  • Interne Swemgala

    Op 3 Maart 2021 het ons Interne Swemgala plaasgevind. Dit was ‘n heerlike dag en die leerders het dit vreeslik geniet.

    Kliek op onderstaande skakel om die uitslae te besigtig.

    https://laerskoolstellenbosch.co.za/wp-content/uploads/2021/03/Tydtoetse-3-Maart-2021.pdf

  • 2021 Graad 1: Eerste dag

    Meneer de Villiers verwelkom die Graad 1-leerlinge

  • Jerusalema Dans
  • Spanbou 2020

    17 en 18 Januarie 2020

    Die personeel het ‘n heerlike spanbou-naweek gehad. Die Vrydagaand het Alicia Buckle ‘n make-up demonstrasie vir die dames personeel gedoen. Die mans personeel het almal bederf met smullekker potte.

    Saterdagoggend het almal op die stoomtrein na Elgin se mark vertrek.

     

  • Spanbou 2019

    Op 18 Januarie 2019 het Laerskool Stellenbosch se personeel om 15:00 na die beeldskone Slanghoek in die Rawsonville-vallei vir die Spanbou personeelkamp vertrek. Almal was weer Sondagoggend veilig tuis en vol nuwe moed en ywer vir 2019.

  • Spanbou 2018

    Op 19 Januarie 2018 het Laerskool Stellenbosch se personeel om 14:00 na die asemrowende Umshanti by Buffeljagsrivier vir die Spanbou personeelkamp vertrek. Die personeel was omtrent bederf deur die Umshanti-span. Almal was weer Sondagoggend veilig tuis en vol nuwe moed en ywer vir 2018.

  • Spanbou 2017

    Op 13 Januarie 2017 het Laerskool Stellenbosch se personeel om 14:30 na die asemrowende Tulbaghvallei vir die Spanbou personeelkamp vertrek. Die personeel was omtrent bederf deur die Waterval-span. Almal was weer Sondagoggend veilig tuis en vol nuwe moed en ywer vir 2017.

  • Ons Skoolhoof

    Laerskool Stellenbosch het nog altyd, van sy geboorte in 1969 af, die gees van ‘n avonturier en ‘n pionier in homself gehad, danksy sy hoofde, personeel en leerders oor die jare heen.  Ons is bevoorreg om tans agter die stuur ‘n skoolhoof van die kaliber van mnr Hawkie de Villiers te hê – visionêre avonturier en pionier per excellence. 

    Die visie en innoverende leierskap wat hy openbaar, kan tasbaar gesien word in die uitstekende fasiliteite wat oor die afgelope aantal jaar onder sy leiding en versiendheid ontwikkel is.  Meer nog kan dit gesien word in die gelukkige personeel en leerders van ons skool.  Hy het die besondere vermoë om entoesiasme aan te steek en potensiaal te ontgin, waarmee hy ‘n skool lei wat konstruktief geposisioneer is vir die toekoms en leerders aflewer wat positief is en waarde toevoeg tot ons samelewing. 

    “In ‘n dorp soos Stellenbosch is akademiese ingesteldheid ‘n prioriteit.  Dit is belangrik dat onderwysers juis dit as ‘n uitdaging sien en nie as ‘n bedreiging nie.  Dit leerders moet toegerus word vir die veranderende kennisgedrewe wêreld waarin ons leef, maar dit moet nooit ‘n alles oorheersende doelwit van ons skool wees nie.

    Juis omdat die onderwys vir my ‘n roeping is, is die opvoeding van leerders baie meer omvattend as net die akademie.  Die primêre doelwit van ons werk is dat die kinders ‘n goeie selfbeeld bou.  Ons moet eenvoudig daarin slaag om geleenthede te skep sodat kinders selfvertroue ervaar en regtig goed voel oor hulself.

    Bogenoemde waarborg gelukkige kinders wat presteer en volgens hulle eie vermoëns funksioneer.  Belangrike vennote om dit te bereik, is ons ouers.  Ouers moet dieselfde waardes as die skool deel en poog om dit elke dag vas te lê deur die voorbeeld wat gestel word.

    Elke kind in die skool speel ‘n belangrike rol om te verseker dat Laerskool Stellenbosch ‘n suksesvolle skool is…’n skool waar kinders toegerus word om in enige hoërskool, van hulle keuse, gelukkig en selfvervuld te wees!

    Hawkie de Villiers, April 2021

    Laerskool Stellenbosch is voorwaar trots op ‘n skoolhoof wat bemind is by leerders en gerespekteer word deur die personeel en ouers.

  • Spanbou 2016

    Op 15 Januarie 2016 het Laerskool Stellenbosch se personeel om 14:30 na Simonstad vir die Spanbou personeelkamp vertrek. Die personeel was besig met verskeie aktiwiteite: hulle het geswem, berg geklim, die vloot besoek, konsert gehou of net lekker sit en gesels. Almal was weer Sondagoggend veilig tuis en vol nuwe moed en ywer vir 2016.