Musiek

Personeel

Musiekhoof: Mev Paula Smit (klavier, blokfluit, dwarsfluit)
hekelpen@gmail.com

Mev Annalene Kemp (klavier)
annalenekemp@gmail.com

Mev Marelize Moller (klavier en djembé-dromme)
calamarelize@gmail.com

Mev Riana de Wet (seniorkoor, klavier, blokfluit, dwarsfluit en djembé-dromme)
rianadw3010@gmail.com

Mev Juliana du Toit-Truter (viool)
julianadutoit@gmail.com

Mnr Ronaldo Daniels (kitaar en saksofoon)
ronaldodaniels07@gmail.com

Me Suzanne Erasmus (sang)
suzanneeras@icloud.com

Musiek word op ‘n privaatbasis aangebied vir leerders van Gr. 1 tot Gr. 7 gedurende skoolure op die skoolterrein.   Die volgende instrumente word aangebied:  Klavier, blokfluit, dwarsfluit, viool, kitaar, sang, saksofoon en djemby-dromme.  Leerders word op vrywillige basis ingeskryf vir Kunswedstryd, Unisa-, Royal Schools en Trinity.

Inskrywingsvorms (met verskillende pakette en fooie) is beskikbaar op die webblad, d6 connect asook by die sekretaresse.

Stellenbosch Laerskool se Musiekleerders presteer 2020

Hartlik geluk aan die volgende leerders wat op die EREROL van Unisa en Trinity College verskyn agv hul uitsonderlike Musiekprestasies.

Agter vlnr:  Elizabeth Joubert (Unisa Gr3 Teorie 90%), %), Juné Theron (Unisa Gr3 Teorie 91%), Tamara Mey (Unisa Gr3 Altblokfluit 94% en Unisa Gr3 Teorie 92%) Voor vlnr:  Grace de Jager (Unisa Gr1 Teorie 97en Isabella Visagie (Trinity College Gr1 Klavier 98%)

Woordfees 2019

Vier van ons leerders wat deel was van die musiekfabriek tydens die Woordfeesproduksie “Met of sonder Woorde”.

Kultuuraand 2019

Verskeie individuele leerders wat tydens die jaarlikse Kultuuraand op 21 Mei optree.  Hierdie leerders speel reeds op ‘n standaard gelykstaande aan Gr3 Unisa.

Die Viool-ensemble tree by dieselfde geleentheid op.

Die Jazz-band en Jazz-combo vermaak die gehoor met baie ‘cool’ jazz-musiek.