Stellies Stapklub

Die Wes-Kaap is een van ons land se provinsies met dié mooiste natuurskoon in die wêreld en ons kinders het almal die voorreg om hier groot te word. Daarom het ons gedink om Stellies se stapklub weer aan die gang te kry, sodat ons hierdie skatte te voet kan gaan verken. ‘n Stapklub is die ideale geleentheid om aktief te wees, nuwe vriende te maak en meer van die natuur te leer. Ons beoog om twee Saterdae per kwartaal te gaan stap en is baie opgewonde oor hierdie nuwe verwikkelinge.