Stellies Kleuter Nasorg (Eek. – Graad R)

Stellies Kleuter Nasorg

(Eekhorinkies en Graad R-leerders)

Navrae:      Marlene Bouwer
E-pos:         mbouwersa@gmail.com
Telefoon:    082 82 11345

By Stellies Kleuter Nasorg streef ons daarna om die nasorg ‘n tweede tuiste vir ons leerders te maak.  Hulle veiligheid en geluk is ons prioriteit.  U is welkom om ons te kontak indien u enige vrae het.

Nasorgtye is soos volg:

HALFDAG VOLDAG
EEKHORINKIES 12:30 – 15:00 EEKHORINKIES 12:30 – 17:30
GR R 13:00 – 15:00 GR R 13:00 – 17:30

 

  • Leerders moet daagliks stiptelik om 17h30 (VOLDAG) afgehaal word.
  • Leerders moet daagliks stiptelik om 15h00 (HALFDAG) afgehaal word.
  • ‘n Boete sal gehef word indien leerders laat afgehaal word. Hierdie reëling sal streng toegepas word.

 

Vrydae:

Nasorg sluit om 17h00 vir ALLE VOLDAG leerders.   

 LET WEL:  Daar sal geen Nasorg wees op die laaste dag van elke kwartaal nie.

  • Die Nasorg sal gedurende skoolvakansies en openbare vakansiedae gesluit wees. Indien vakansie-nasorg aangebied word, sal u betyds in kennis gestel word.

 

MIDDAGETE

Ouers pak self ‘n ligte middagmaal vir leerders in.  Leerders word aangemoedig om aan tafel te sit en goeie tafelmaniere te handhaaf.  Ouers mag iets ekstra inpak, maar geen soetgoed word tydens etenstye toegelaat nie.  Kos kan in die mikrogolf warm gemaak word.  Kospakkies wat duidelik gemerk is, kan soggens in die yskas gebêre word.

BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Die nasorgpersoneel sal toesien dat leerders hulle Buitemuurse Aktiwiteite wat by die skool aangebied word, bywoon.  Ouers word versoek om elke kwartaal ‘n vormpie met die kwartaal se Buitemuurse Aktiwiteite te voltooi en in te handig.

Kliek hier om die Nasorgaansoekvorm af te laai.