Redenaars

Afrigters

Organiseerder: Adiska du Preez

Hulp: Ilze-Marié
Graad 4 – 7 Koördineerders: Renika Stramrood, Anize Koetsier, Carine Mocke

Belangstellende redenaars vanaf Graad 4 – 7 oefen tydens die eerste en vierde kwartale in die sportperiodes. Daar “brainstorm” ons oor die temas, stel breinkaarte op met moontlike onderwerpe en begin skryf aan die eerste “draft ” van ons toesprake. Daarna is dit oorskryf, doodtrek, weer skryf en wéér oorskryf totdat ons uiteindelik tevrede is. Nou is dit tyd om voor die spieël te oefen met die kaartjies tot ons die toesprake ken.

2018 Pretasies

2017 Prestasies

Aan die einde van die eerste kwartaal hou ons ‘n intergraad kompetisie. Die wenners in elke graad word aangekondig. Op die foto’s is die onderskeie 2017 wenners in hulle grade.

Tydens die tweede kwartaal vind die Laerskool Paarl Gimnasium Redenaarskompetisie en ATKV kompetisie plaas. ‘n Hele klomp redenaars neem deel. Individuele deelname aan “Oppi Tong” kompetisie vind ook tydens hierdie kwartaal plaas.

In die derde kwartaal het ons, ons jaarlikse Redenaarsfees, waar vyf ander skole genooi word om deel te neem. Vanjaar het ons skoonskip gemaak in die seniorafdeling met ‘n eerste-, tweede én derde plek. Ook in die junior afdeling het ons ‘n tweede plek behaal.