Dromme en Orkes

Dromgroepe

Laerskool Stellenbosch spog met ‘n orkes in elke graad. Die hoeveelheid hang af van die getal leerders wat besluit om dromme te neem. Daar is gemiddeld 21 leerders per graad.
Graad 1-3 (Grondslagfase) tree elke kwartaal tydens die Grondslagfase-musiekkonserte op. Graad 5,6, en 7 neem jaarliks deel aan die Stellenbosch Kunswedstryd. Hierdie is die hoogtepunt van die jaar om in die Endlersaal op te tree.
Graad 4-7 tree ook op tydens die skool se jaarlikse Kultuuraand. Die leerders oefen in klasverband, maar voor optredes oefen hul as ‘n groep.
Intrumente bestaan uit Marimba’s, xilofone, dromme, glockenspiels, blokfluit, viol, ukele, trekklavier, kontrabas, outoharp, simbale en klokkies. Ons maak gebruik van alles wat beskikbaar is en betrek ook buite-leerders om soveel moontlik geleentheid te gee om deel te neem.

12 April 2019

Die Seniorkoor en die Gr7-Dromgroep tree op tydens die opening van die Hawkie de Villiers Sportsentrum op 12 April 2019.  Dit is ook Mnr de Villiers se verjaardag waar albei groepe optree om sy verjaardag baie spesiaal te maak.

Kultuuraand 2019

Die Dromgroepe van Gr4-7 tree op tydens die jaarlikse Kultuuraand op 21 Mei.  Hul betower die gehoor met musiek van die tagtigs tot die twintigs.  Die disspline wat hul die verhoog handhaaf, is verstommend.