Ons Storie

Mev Riana Hay, dr Yasmine Cilliers, en mev Theresa Martin

Mev Riana Hay, dr Yasmine Cilliers, en mev Theresa Martin

Laerskool Stellenbosch stel die gesondheid van kinders hoog op prys en as gevolg daarvan het die ouer komitee ‘n gesondheidsprojek in 2010 geloods. Dr Yasmine Celliers het die nuut geskepte gesondheidportefeulje op die ouer komitee aanvaar, en deur ‘n vraag vir vrywilligers, is ‘n snoepie komitee op die been gebring. Na vele besprekings is die skool op ‘n hele gesondheids omwenteling gestuur. ‘n Gesondheids- en snoepiebeleid is geskep. ‘n Projek is oor maande geloods om die snoepie te transformeer van ‘n doodgewone, oninspirerende, ongesonde skool snoepie na ‘n aantreklike, gesonde verskaffer van etes en produkte, wat eintlik beswaarlik nog ‘n “snoepie” genoem kan word.

Die eerste stap was om die ongesonde kos en versnapering opsies in die snoepie stelsematig te vervang met opsiesEJ__8589 wat gesond en tog lekker vir die kinders sal wees, en wat voldoen aan die nuwe riglyne wat in ons snoepie beleid beskryf is. Tesame daarmee is die snoepie uitleg oor ontwerp, en het ouers en skool personeel saam gewerk om die snoepie oor  te verf, kassies te bou, yskaste en rakke te installeer. Tafels voor die snoepie is aangekoop en bome aangeplant. Om ‘n idee te kry van die transformasie kan mens net na die voor en na foto’s van die snoepie kyk!

Die skool het stelselmatig verhoudings opgebou met verskeie gesonde kos verskaffers en is gedurig besig om nuwe gesonde produkte te soek vir die snoepie.EJ__8587 Alle produkte in die snoepie se inhoud word geverifieer voor dit verkoop word aan ons leerlinge. Ons maak ook staat op wonderlike ouers wat gesonde gebak verskaf aan die snoepie.

Ons grootste uitdaging maar ook prestasie was die daarstelling van ‘n voorafbestellingsstelsel vir die snoepie. Elke kwartaal word ‘n nuwe spyskaart uitgereik waarvolgens ouers vir die hele kwartaal etes vooruit kan bestel vir hul kinders. Sonder die hulp van ouers sou hierdie projek nie moontlik wees nie en ons is werklik dankbaar vir die entoesiasme waarmee ouers, onderwysers en leerlinge ons gesonde snoepie ondersteun.

Ons volg vanaf 2015 ‘n “online” snoepie bestelling stelsel. Volg asb die aanwysings op die LunchHub 2016 dokument.

Click hier om die kwartaal spyskaart af te laai.