Nuus

  • Stellies ondersteun Maties

    Vier van ons leerders, Sophia Schwartz, Karla Dörnbrack, Alexa Barnard en Jana Koekemoer het die Maties se netbalwedstryd tydens die Varsity Cup teen UJ in die DF Malansentrum ondersteun.

  • Tylon Smith

    Tylon Smith van ons 0/13A-rugbyspan, op pad doellyn toe in die wedstryd teen Laerskool Verkenner (Port Elizabeth).  Stellies het die wedstryd 19-5 gewen.

  • Paul Roos Hokkietoernooi

    Ons 0/12 hokkiespan was een van 14 spanne wat die naweek aan Paul Roos Gymnasium se 0/12 hokkietoernooi deelgeneem.

    Agter vlnr:

    Jaden Steyn, Stian Buys, Friedrich Esterhuyse, Marco Jooste, Juan Mouton, mnr Cornel Smuts (afrigter), Theo Kilian, Sebastian Theron

    Voor vlnr:

    Adeeb Boraine, Wynand Horn,  Francois Groenewald

  • Gimnaste presteer!

    Hierdie gimnaste het baie goed presteer in die Suid Zone Gimnastiekkompetisie. Die beste gimnaste van die Wes-Kaap, Oos-Kaap en Noord-Kaap het teen mekaar meegeding. Hierdie leerders het almal medaljes in hul verskeie afdelings ontvang.

     Agter vlnr:
    Anine Kleinschmidt, Mika du Plessis, Zara Fourie, Jenna-Timae du Preez

    Middel vlnr:
    Klara du Plessis, Isabella de Beer, Dané Kietzman, Phillippa Louw

    Voor:
    Antonie de Beer

  • MADIBA dag

    Ons skoonmaakpersoneel en assistente het Madiba-dag met groot opgewondenheid gevier deur onder andere hulle gewone drag te verruil vir vrolike uitrustings .

    Agter vlnr:
    Ulin Nonzingi, Rosaline Tolobisa, Stef Maart

    Voor vlnr:
    Theresa Martin, Lucy Mguzulwo, Esmerelda Abelse, Rosie Fortuin, Joeline van Niekerk

     

  • Toernooiwenners

    Ons 0.11-rugbyspan het die afgelope naweek, Laerskool Tableview se 10-aan-‘n-kant rugbytoernooi gewen.  Daar het 10 spanne deelgeneem en dié span het nie een wedstryd verloor nie.  Reuben van der Merwe is aangewys as die Beste Agterspeler van die dag.

    Agter vlnr:

    Jackwin Olyn, Armin Wessels, Daniël de Wet, Zander Zuidmeer, Reuben van der Merwe, Jakobus Hoon, Marthinus Fourie, Simon Guelpa, Dawid van Niekerk en Adriaan Brink.

    Voor vlnr:

    Stefan Erasmus, Dean van der Linde, Morné Noble, Christopher Steyn, Jan-Jan Nel, Jeywann Robyn

  • Daniël, Redenaars kampioen

    Daniël Sutherland (Gr.7) is aangewys as die Weskaap-kampioen van die ATKV Redenaars in die kategorie: graad 6 & 7, Huistaal.  Die semi-finale rondte het op 25 Mei plaasgevind.  Hy dring deur na die Nasionale kompetisie en die finale rondte word by die ATKV-oord in Buffelspoort, Gauteng gehou.  Ons is baie trots op hom!

  • Amanda Coetzer Toernooi

    Die skool se eerste  tennisspan neem van vandag tot Saterdag deel aan die Amanda Coetzer tennistoernooi in Bloemfontein.  Baie sterkte aan hulle!

    Vlnr:  Martinic Basson, Katrien Booysen, Shayna Truter, Zanne Roothman, Willemien Botha

  • Wintersportdag

    Op Saterdag, 5 Mei, was ons jaarlikse Wintersportdag gehou. Hier was ongeveer 12 verskillende skole. Die dag was hope pret en ‘n groot sukses.

  • Blaauwklippen Pretloop ten bate van Mia Cara

    Ons het aan die Blaauwklippen Pretloop ten bate van Mia Cara (kankerlyertjie) deelgeneem. Ons leerders, ouers en personeel het hul staal gewys en met die prys vir die skool met die meeste inskrywings weggestap. Baie dankie aan elkeen wat hierdie saak ondersteun het! Dit was ‘n heerlike dag!

  • Boland Tweekamp

    Drie van ons leerders  is gekies om die Boland Tweekampspan by die SA Kampioenskappe te verteenwoordig.  Dit vind plaas op 31 Maart in Pretoria.

  • Krieketster

    Phillip Groenewald is gekies vir 0.13 Stellenbosch streek krieketspan en het die 3de Maart deelgeneem teen die Breedevallei/Langebergstreekspan.  Hy is ook van die Stellies se top kolwers.  In ‘n wedstryd is hy aangewys as speler van die wedstryd nadat hy 70 lopies aangeteken het.

  • Stellies Stapklub

    Die leerders (en ouers) het die eerste Stapklub vreeslik geniet. Daar was 32 kinders en 28 ouers. Ons het 3km in die Jonkershoek Natuurreservaat tot by die eerste waterval gestap! Ons het om 08:30 vertrek en by die waterval geswem en baljaar.

  • Boland atlete

    Sewe atlete het die afgelope naweek as lede van die Bolandspan aan die Wes-Kaapkampioenskappe op Oudsthoorn deelgeneem.

    Agter vlnr: Enamarie Goldie (1200m); Mia van der Merwe (Diskus – Wes-Kaapkleure); Lindi Edom (gewigstoot);  Carli le Grange (spiesgooi);  Elle Olivier (diskus en spiesgooi);  Reuben van der Merwe (75Mh – Wes-Kaapkleure)

    Voor: Christopher Steyn (1200m – Wes-Kaapkleure)

  • Stellies Interkleure: Swem bekerwenners

    Agter vlnr: Johan van der Merwe: Senior Victor Ludorum, Reuben van der Merwe: Beste seuns swemmer;  Lasea Andrag: Beste dogters swemmer

     

    Voor vlnr: Sophia Schwartz en Olivia Schwartz : deel die Senior Victrix Ludorum; Simon de Roubaix: Junior Victor Ludorum;  Nicola van der Merwe: Junior Victrix Ludorum

  • Hoofleiers Eerste Semester

    Die hoofleiers van Laerskool Stellenbosch vir die eerste semester is aangewys.

    Agter vlnr:

    Johan van der Merwe (hoofseun), Claudi van Rensburg (hoofmeisie)

    Voor vlnr:

    Katerina Combrinck (onder-hoofmeisie), Daniël Sutherland (onder-hoofseun)

  • Interkleure Atletiek Bekerwenners

    Die Interkleure atletiekbyeekoms het op 26 Januarie by Markötter plaasgevind.
    Die Groenspan het die Atletiekbeker gewen en die Witspan  het die Geesbeker gewen.

    Die Bekerwenners is as volg soos op die foto:

    Agter (vlnr):

    Simon Booysen – Senior Victor Ludorum
    Carla Kriel – Senior Victrix Ludorum
    Elle Olivier – Beste veldatleet – Dogters, Algehele beste prestasie
    Reuben van der Merwe – Beste veldatleet – Seuns, Beste baanatleet – Seuns en Junior Victor Ludorum

    Voor (vlnr):

    Dian du Toit – Beste Grondslagfase atleet: Seuns
    Sophia Schwartz – Beste baanatleet – Dogters
    Karoline Holm – Beste Grondslagfase atleet: Dogters
    Hannah Swart – Junior Victrix ludorum

  • Spanbou 2018

    Op 19 Januarie 2018 het Laerskool Stellenbosch se personeel om 14:00 na die asemrowende Umshanti by Buffeljagsrivier vir die Spanbou personeelkamp vertrek. Die personeel was omtrent bederf deur die Umshanti-span. Almal was weer Sondagoggend veilig tuis en vol nuwe moed en ywer vir 2018.

  • Rakker!

    Ontmoet Stellies se eerste gelukbringer, Rakker die Eekhoring!

  • Spanbou 2017

    Op 13 Januarie 2017 het Laerskool Stellenbosch se personeel om 14:30 na die asemrowende Tulbaghvallei vir die Spanbou personeelkamp vertrek. Die personeel was omtrent bederf deur die Waterval-span. Almal was weer Sondagoggend veilig tuis en vol nuwe moed en ywer vir 2017.

  • Ons Skoolhoof

    Laerskool Stellenbosch het nog altyd, van sy geboorte in 1969 af, die gees van ‘n avonturier en ‘n pionier in homself gehad, danksy sy hoofde, personeel en leerders oor die jare heen.  Ons is bevoorreg om tans agter die stuur ‘n skoolhoof van die kaliber van mnr Hawkie de Villiers te hê – visionêre avonturier en pionier per excellence. 

    Die visie en innoverende leierskap wat hy openbaar, kan tasbaar gesien word in die uitstekende fasiliteite wat oor die afgelope aantal jaar onder sy leiding en versiendheid ontwikkel is.  Meer nog kan dit gesien word in die gelukkige personeel en leerders van ons skool.  Hy het die besondere vermoë om entoesiasme aan te steek en potensiaal te ontgin, waarmee hy ‘n skool lei wat konstruktief geposisioneer is vir die toekoms en leerders aflewer wat positief is en waarde toevoeg tot ons samelewing. 

    “In ‘n dorp soos Stellenbosch is akademiese ingesteldheid ‘n prioriteit.  Dit is belangrik dat onderwysers juis dit as ‘n uitdaging sien en nie as ‘n bedreiging nie.  Dit leerders moet toegerus word vir die veranderende kennisgedrewe wêreld waarin ons leef, maar dit moet nooit ‘n alles oorheersende doelwit van ons skool wees nie.

    Juis omdat die onderwys vir my ‘n roeping is, is die opvoeding van leerders baie meer omvattend as net die akademie.  Die primêre doelwit van ons werk is dat die kinders ‘n goeie selfbeeld bou.  Ons moet eenvoudig daarin slaag om geleenthede te skep sodat kinders selfvertroue ervaar en regtig goed voel oor hulself.

    Bogenoemde waarborg gelukkige kinders wat presteer en volgens hulle eie vermoëns funksioneer.  Belangrike vennote om dit te bereik, is ons ouers.  Ouers moet dieselfde waardes as die skool deel en poog om dit elke dag vas te lê deur die voorbeeld wat gestel word.

    Elke kind in die skool speel ‘n belangrike rol om te verseker dat Laerskool Stellenbosch ‘n suksesvolle skool is…’n skool waar kinders toegerus word om in enige hoërskool, van hulle keuse, gelukkig en selfvervuld te wees!

    Hawkie de Villiers, Junie 2010

    Laerskool Stellenbosch is voorwaar trots op ‘n skoolhoof wat bemind is by leerders en gerespekteer word deur die personeel en ouers.

  • Spanbou 2016

    Op 15 Januarie 2016 het Laerskool Stellenbosch se personeel om 14:30 na Simonstad vir die Spanbou personeelkamp vertrek. Die personeel was besig met verskeie aktiwiteite: hulle het geswem, berg geklim, die vloot besoek, konsert gehou of net lekker sit en gesels. Almal was weer Sondagoggend veilig tuis en vol nuwe moed en ywer vir 2016.