Mediasentrum

Laerskool Stellenbosch beskik oor ‘n goedtoegeruste mediasentrum met baie interessante opvoedkundige programmatuur.

Al die leerders in die skool ontvang weekliks onderrig in Afrikaans, Engels en Wiskunde in die rekenaarsentrum deur middel van die CAMI-program (skakel hier ). ‘n Inligtingstegnologie- en Biblioteekperiode word ook aangebied om leerders toe te rus met basiese rekenaarvaardighede asook Biblioteek kennis. Dit is ons doel om ‘n liefde vir lees en navorsing aan te moedig deur die biblioteek en rekenaarsentrum aanloklik en interessant te maak. Die sentrum bied ‘n uitgebreide biblioteekdiens aan die leerders. Ons skool se kinders word aangemoedig om te lees en daarom het ons ook ’n biblioteekperiode. Die sentrum is toegerus met rekenaars wat toegang tot Internet het, asook ‘n swart en wit drukker. Die leerders mag 4 middae en elke pouse (Maandag – Donderdag) die rekenaars en die Biblioteek gebruik. Leerders vanaf Graad R tot Graad 6 besoek die sentrum weekliks vir Boekopvoeding.


Aanwins en uitneem van boeke:

Boeke word gereeld deur die jaar aangekoop.  Daar is dus jaarliks nuwe leesstof vir grondslagfase en senior fase. Ons maak grotendeels gebruik van Exclusive books, Bargain Books, Bookbox en Lapa uitgewers.

Biblioteekstelsel:

Die biblioteek maak gebruik van die Lipwin Biblioteek stelsel. Hierdie jaar het ons ook die stelsel gebruik vir die uitgee van elke kind se handboek. Alle handboeke is op die sisteem gelaai.  Die leerders het in klasverband hul handboeke op hul biblioteek kaartjie uitgeneem en aan die einde van die jaar word die handboeke ingeneem.  As daar enige rekord op die sisteem is van ‘n verlore boek of dat dit in ‘n slegte kondisie is, sal die kind verantwoordelik gehou word daarvoor.  Die sisteem stuur outomaties ‘n rekening aan leerders wat ‘n handboek verloor het.

Ouers moet asseblief op die volgende let:

  • Leerlinge mag een boek uitneem vir ‘n leentydperk van twee weke.
  • ’n Verlore of beskadigde boek sal vervang moet word of betaal moet word teen die huidige vervangingswaarde van die boek.
  • Leerders mag onder geen omstandighede die internet gebruik sonder die toesig van ‘n onderwyser nie.

Tye van sentrum:
Maandae    14:25 – 15:00
Dinsdae      13:55 – 14:30
Woensdae   13:55 – 14:55
Donderdae  13:55 – 14:55
Die Mediasentrum is op ‘n Vrydae gesluit.

Vir enige navrae kan u die volgende onderwysers kontak:

 me Lelanie van der Berg: (021) 887 6934

 mnr Dawie de Vries: (021) 887 6934

 

 

Hier is lekker nuwe leesstof vir Juniors en Seniors: