Driehoekbyeenkoms

Op Vrydag, 1 November 2019, het Laerskool Stellenbosch die jaarlikse driehoekbyeenkoms aangebied.  By hierdie byeenkoms neem atlete van Laerskool Stellenbosch, Lochnerhof en Welgemoed teen mekaar deel.  Altesaam 387 atlete het aan hierdie byeenkoms deelgeneem.  Stellies atlete behaal 24 eerste, 37 tweede en 28 derde plekke.  Nicola van der Merwe ontvang die toekenning vir die beste prestasie vir ‘n dogter op die baan vir haar 70m Hekkies.  Reuben van der Merwe vir die algehele beste prestasie van die dag vir seuns en Musahdiq Cornelson vir die beste veld prestasie vir seuns.  Baie geluk aan al die atlete wat deel was van hierdie byeenkoms.

 

Related Posts