Drama

Winnie Nel Kinderdrama

Ons dramaskool is reeds hard besig met die voorbereiding aan die Stellenbosch Kunswedstryd vir dramatiese kunste wat in Mei 2018 sal plaasvind.

In die tweede kwartaal sal ons weer begin met ons repetisies vir die twee konserte wat in September opgevoer sal word.

Die seniordramagroep  gaan deelneem aan die Akkedissie-fees in Villiersdorp  asook die Silwer- Varing- fees by Bastion.

Ons werk aan twee produksies:

Juniorgroep:

Die Juniorgroep sal ‘n verwerking van Antjie Krog se Fynbosfeetjies opvoer. Die konsert sal ‘n fees van feetjies en kabouters wees wat ons sal betower met  hul sang, dans en voordrag soveel so dat almal weer verlief sal wees op ons mooie taal- en fynbos-erfenis.

Seniorgroep :

Die Seniorgroep gaan inskryf vir toneelkompetisies met hul toneelstuk Kassiesindroom. Hierdie stuk gaan die 40 jaar van Suid-Afrikaanse televisie op ‘n humoristiese manier uitbeeld. Daar sal karakters en tvdprogramme te sien wees wat almal sal herken en geniet.  Daar sal ook die spot gedryf word met bekende realiteits-televisie soos Boer-soek-vrou en Idols. Dit beloof om op ‘n heerlike , ligte manier  die geskiedenis van televisie in ons land uit te beeld, maar daar sal tog ‘n subtiele uitbeelding wees oor hoe die kassie ons samelewing insluk.

September  is ‘n besige maand in die dramaskool se program .  Dit is wel die hoogte punt van die jaar en die kinders vergeet dit nooit. Ons dramaskool het al 7 produksies opgevoer waarvan almal onvergeetlik was. Hierdie een sal dus die agste produksie wees en ons kan nie wag om die jaar te begin nie.

Ons sluit die jaar af met die voorskoolse groepie wat ‘n kerskonsert  hou. Dit is ook iets wat nie gemis kan word nie.

Winnie Nel
(Hoof)
Elizna Vermeulen
(Drama juffrou)