Hokkie

Afrigters

Organiseerder: Menanteau Bester

o.8 Seuns             Marlene Bouwer en Carine Comerma
o.8 Dogters         Danelle Bindeman en Marilie Carpenter

o.9 Seuns             Heidi Such
o.9 Dogters         Anneri Naudé

o.10 Seuns           Leoné Verster en Gregory Nel
o.10 Dogters        Menanteau Bester en Tanel

o.11 Seuns            Cornel Smuts en Adri Lochner
o.11 Dogters         Renika Stramrood

o.13 Seuns            Marilie Carpenter (A & B)
o.13 Dogters        Lana Aucamp (Bestuurder A & B), en Chrizanne van Breda (C & D)

 

Oefentye

  • Maandae:

15:00 – 16:00       o.8 – o.11

16:00 – 17:00        o.13C en D

2017 Prestasie: Mariska Goliath en Carl Bekker was gekies vir die Boland IPT 0/13 hokkiespan wat gedurende die Junie-vakansie aan ‘n toernooi deel geneem het.

16:30 – 17:30        o.13A en B (Astro)

 

  • Woensdae:

14:00 – 15:00       o.8 en o.9

15:00 – 17:30        o.10 – o.13 WEDSTRYDE

14:15 – 15:15          o.10 en o.11 (Indien geen wedstryde)

15:15 – 16:15         o.13C en D (Indien geen wedstryde)

16:15 – 17:15         o.13A en B (Indien geen wedstryde)

 

  • Donderdae

16:00 – 17:00      o.10 – o.13 Vaardigheidsoefening

 

Ligawedstryde

Verskeie ligawedstryde word in die seisoen gespeel en ekstra sportdae word bygewoon om soveel as moontlik leerders die geleentheid te gee om hul vaardighede in hokkie onder die knie te kry. Wedstryde word op Woensdae of Saterdae gespeel. Wedstryde sal op die kwartaalprogram en die communicator aangedui word. Enige veranderinge sal aan die ouers deurgegee word via sms of die communicator. As wedstryde afgestel word, behalwe a.g.v. weersomstandighede, sal oefening voortgaan.

Wedstryde op Woensdae word geskeduleer vanaf 14:45.

 

Hokkiedag

Ons Hokkiedag is jaarliks ‘n reuse sukses. Wedstryde tussen 980 leerders van 11 skole vind op ons eie hokkievelde plaas. Die besondere dag word deur PARMALAT geborg. Op die dag poog ons om soveel as moontlik van ons spanne blootstelling aan wedstryde te gee. Elke span se speler van die dag kry ook ‘n pragtige medalje om huis toe te neem. Dis voorwaar ‘n dag wat ons met mooi herinneringe laat.