12 April 2019 Sportsentrum opening

Ons nuwe Sportsentrum is op Vrydag, 12 April op luisterryke wyse ingewy.  Die leerders het vanaf vroegoggend aan verskeie aktiwiteite deelgeneem.  Ons personeel is met ‘n heerlike middagete in die nuwe klubhuis, wat deel van die Sportsentrum is, getrakteer.  Daarna het die sport voortgegaan;  hokkie-, netbal- en tenniswedstryde.  Daar was ook ‘n sokkerwedstryd waaraan die manspersoneel deelgeneem het.  Verskeie spelers van die Matie-rugbyspan het ook van die vaardigeidsoefeninge met die 0.13A-rugbyspan gedoen.

Die dag is afgesluit met ‘n spoggerige dinee in die klubhuis wat deur uitgesoekte gaste bygewoon is.  Hierdie moderne multifunksionele Sportsentrum is ‘n groot bate en toevoeging tot die reeds uitstekende fasiliteite waaroor Laerskool Stellenbosch beskik.

Die inwyding is op ons skoolhoof, mnr Hawkie de Villiers, se verjaarsdag gedoen en die Beheerliggaam het hom verras deur die Sentrum op ‘n heel gepaste wyse na hom te vernoem.  Die staan dus voortaan bekend as die “Hawkie de Villiers Sentrum”.

 

 

Related Posts